2 Kings 24:3 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Waarlik, op bevel van die HERE het dit oor Juda gekom om hulle van sy aangesig te verwyder weens die sondes van Manasse volgens alles wat hy gedoen het; |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Hierdie rampe het oor Juda gekom op bevel van die Here. Hy het besluit om Juda uit sy teenwoordigheid weg te neem oor die baie sondes wat Manasse gedoen het. |
| Afrikaans 1933/1953 | Sekerlik het dit volgens die bevel van die HERE oor Juda gekom, om hulle van sy aangesig te verwyder vanweë die sondes van Manasse, volgens alles wat hy gedoen het; |
| Afrikaans 1983 | Dit het met Juda gebeur op bevel van die Here, omdat Hy Juda uit sy teenwoordigheid wou verwyder oor die sonde van Manasse, oor alles wat hy gedoen het, |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Dit het beslis op bevel van die Here met Juda gebeur, om hulle so uit sy teenwoordigheid te verwyder, oor die sondes van Manasse, as gevolg van alles wat hy gedoen het, |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Die Here self het gesê wat in Juda moet gebeur, Hy wou hulle weggooi oor al die sonde wat Manasse gedoen het |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Die Here het self besluit dat Juda moes verdwyn. Dit was as gevolg van die ontsettende sondes wat Manasse gedoen het. |