2 Kings 24:2 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En die HERE het bendes van die Chaldeërs en bendes van die Arameërs en bendes van die Moabiete en bendes van die kinders van Ammon teen hom gestuur en hulle teen Juda gestuur om dit te vernietig, volgens die woord van die HERE wat Hy deur sy dienaars, die profete, gespreek het. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Die Here het bendes Galdeërs, Arameërs, Moabiete en Ammoniete teen Juda gestuur om dit te verwoes net soos die Here deur sy dienaars die profete aangekondig het. |
| Afrikaans 1933/1953 | Toe stuur die HERE die bendes van die Chaldeërs teen hom en die bendes van die Arameërs en die bendes van die Moabiete en die bendes van die kinders van Ammon -- Hy stuur hulle teen Juda om dit te verdelg volgens die woord van die HERE wat hy gespreek het deur die diens van sy knegte, die profete. |
| Afrikaans 1983 | Die Here het bendes Galdeërs, Arameërs, Moabiete en Ammoniete teen Jojakim gestuur. Hy het hulle gestuur om Juda uit te roei, in ooreenstemming met wat die Here deur sy dienaars die profete gesê het. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | het die Here roofbendes van die Galdeërs, Arameërs, Moabiete en Ammoniete teen hom gestuur. Die Here het hulle teen Juda gestuur om hom te vernietig, ooreenkomstig die woord van die Here wat Hy by monde van sy diensknegte, die profete, gespreek het. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Die Here het groepe Galdeërs en Arameërs en Moabiete en Ammoniete gestuur om Juda aan te val. Die Here het dit gedoen omdat Hy Juda wou verwoes. Hy het voorheen sy dienaars die profete gestuur om te sê dit sal so gebeur. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Toe het die Here bendes Babiloniërs, Arameërs, Moabiete en Ammoniete gestuur om Jojakim aan te val. Hy het hulle gestuur om Juda te vernietig, presies volgens die waarskuwings wat Hy deur die profete gestuur het. |