2 Kings 24:16 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En al die helde, sewe duisend, en ambagsmanne en smede duisend, almal wat sterk en bekwaam was om oorlog te voer, hulle het die koning van Babel in ballingskap na Babel gebring.
Afrikaans (NLV) 2011 Hy het ook 7 000 van die weerbare manne en 1 000 vakmanne en smede, almal wat geskik was vir oorlog, saamgeneem na Babel toe.
Afrikaans 1933/1953 En al die mense van vermoë, sewe duisend, en die smede en die slotmakers, duisend, almal helde wat oorlog kan voer -- die het die koning van Babel in ballingskap na Babel gebring.
Afrikaans 1983 Die koning van Babel het al die weerbare manne gevange weggevoer na Babel toe, al die soldate, sewe duisend, en ook nog duisend vakmanne en smede.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Al die bekwame manne, seweduisend van hulle, en die vakmanne en smede, duisend van hulle, asook al die krygshelde wat kon oorlog voer, het die koning van Babilonië as ballinge na Babel geneem.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Die koning van Babel het 7 000 van die rykste mense weggevat, en 1 000 ambagsmanne en smede. Hulle was belangrike manne en hulle kon almal oorlog maak. Hulle het gevangenes geword en die koning van Babel het hulle weggevat.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Hy het ook 7 000 soldate en 1  000 vakmanne saamgeneem, almal fiks en bruikbaar in sy leër.