2 Kings 24:15 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En hy het Jojagin na Babel weggevoer, en die moeder van die koning en die vroue van die koning en sy dienaars en die magtiges van die land, dié het hy in ballingskap weggevoer van Jerusalem na Babel. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Nebukadnesar het koning Jojagin, sy ma, sy vroue, sy amptenare en al die vooraanstaande mense van Jerusalem as gevangenes na Babel toe geneem. |
| Afrikaans 1933/1953 | En hy het Jojagin in ballingskap weggevoer na Babel, en ook die moeder van die koning en die vroue van die koning en sy hofdienaars; ook die magtiges van die land het hy in ballingskap uit Jerusalem na Babel laat gaan. |
| Afrikaans 1983 | Hy het vir Jojagin na Babel toe weggevoer. Hy het ook die koninginmoeder, die vrouens van die koning, sy offisiere en die belangrikste mense in die land van Jerusalem af na Babel toe in ballingskap weggevoer. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Hy het Jojagin in ballingskap weggevoer na Babel. Die moeder van die koning, die vroue van die koning, sy eunugs en die burgers van die land het hy as ballinge van Jerusalem na Babel laat gaan. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Hy het vir Jojagin gevang en weggevat na Babel, en ook die koning se ma en sy vroue en sy paleisbediendes, en die belangrikste mense van die land. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Nebukadnesar het koning Jojagin, sy ma en sy vroue en al die belangrike mense van Jerusalem na Babel toe weggeneem. |