2 Kings 24:14 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En hy het die hele Jerusalem weggevoer en al die vorste en al die dapper helde, tienduisend gevangenes, en al die ambagsmanne en smede; niemand het oorgebly nie, behalwe die armste soort van die mense van die land. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Koning Nebukadnesar het almal in Jerusalem weggevoer: al die offisiere, al die soldate — 10 000 in getal, al die ambagsmanne en smede. Net die armste mense is in die land agtergelaat. |
| Afrikaans 1933/1953 | En hy het die hele Jerusalem weggevoer en al die owerstes en al die mense van vermoë, tien duisend ballinge, en al die smede en die slotmakers; niemand het oorgebly nie, behalwe die arm mense van die land. |
| Afrikaans 1983 | Nebukadnesar het die hele Jerusalem weggevoer: al die amptenare, al die soldate, tien duisend gevangenes, ook die vakmanne en die smede. Niemand het agtergebly nie behalwe die armstes van die landsbevolking. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Hy het die hele Jerusalem in ballingskap weggevoer, al die hoë amptenare en al die vermoënde mense – tienduisend ballinge – ook al die vakmanne en smede. Niemand behalwe die armes uit die volk van die land het oorgebly nie. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Die koning van Babel het al die mense van Jerusalem, al die amptenare en die belangrike mense, gevang en weggevat. Daar was 10 000 gevangenes. Al die ambagsmanne en smede was ook by die gevangenes. Die koning van Babel het niemand laat oorbly nie, hy het net die armste mense van die land laat bly. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Nebukadnesar het ook die mense van Jerusalem weggeneem. Hy het 10 000 mense gevang en as gevangenes weggevoer: die amptenare en beste soldate, maar ook die vakmanne wat hy kon gebruik. Net die armste mense het in die land agtergebly. |