2 Kings 24:13 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En hy het al die skatte van die huis van die HERE en die skatte van die huis van die koning daarvandaan uitgedra en al die goue voorwerpe wat Salomo, die koning van Israel in die tempel van die HERE gemaak het, stukkend gesny soos die HERE gesê. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Soos die Here voorheen gesê het, het Nebukadnesar al die skatte van die Here se tempel en die koninklike paleis gevat. Hy het al die goue artikels wat koning Salomo in die tempel gesit het, stukkend gebreek. |
| Afrikaans 1933/1953 | En hy het daarvandaan uitgebring al die skatte van die huis van die HERE en die skatte van die huis van die koning en al die goud van die voorwerpe afgesny wat Salomo, die koning van Israel, gemaak het in die tempel van die HERE, soos die HERE gespreek het. |
| Afrikaans 1983 | Nebukadnesar het, soos die Here vantevore gesê het, al die skatte van die huis van die Here en die skatte van die paleis gevat en hy het al die goue goed stukkend geslaan wat koning Salomo van Israel vir die tempel van die Here laat maak het. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Nebukadnesar het al die skatte van die huis van die Here en die skatte van die koninklike paleis daarvandaan weggevoer. Hy het al die goue voorwerpe wat Salomo, koning van Israel, in die •tempel van die Here gemaak het, verpletter, soos die Here gesê het. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Die koning van Babel het al die kosbare goed in die tempel en in die paleis gevat. Hy het al die goue goed stukkend laat slaan wat Salomo, koning van Israel, vir die tempel laat maak het. Dit het gebeur soos die Here gesê het. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Net soos die Here vroeër gesê het, het die koning van Babel Jerusalem beroof. Hy het al die skatte in die tempel en die paleis bymekaargemaak. Hy het ook die goud afgehaal van die voorwerpe wat koning Salomo jare tevore reeds vir die tempel laat maak het. |