2 Kings 24:12 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En Jójagin, die koning van Juda, het uitgegaan na die koning van Babel, hy en sy moeder en sy dienaars en sy vorste en sy dienaars; en die koning van Babel het hom in die agtste jaar van sy regering geneem. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Toe het koning Jojagin en sy ma, sy amptenare en sy offisiere hulle aan die koning van Babel oorgegee. Tydens die agtste jaar van Nebukadnesar se bewind het hy Jojagin gevange geneem. |
| Afrikaans 1933/1953 | het Jojagin, die koning van Juda, uitgegaan na die koning van Babel, hy en sy moeder en sy dienaars en sy owerstes en sy hofdienaars, en die koning van Babel het hom gevange geneem in die agtste jaar van sy regering. |
| Afrikaans 1983 | Koning Jojagin van Juda het hom oorgegee aan die koning van Babel, hy, sy ma, sy lyfwag, sy amptenare en sy offisiere. Jojagin is deur die koning van Babel gevange geneem in sy agste regeringsjaar. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | het Jojagin, die koning van Juda, uitgegaan na die koning van Babilonië, hy en sy moeder, sy dienaars, •hoë amptenare en eunugs. Die koning van Babilonië het hom gevange geneem in die agtste jaar van sy regering. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Koning Jojagin van Juda het toe uitgegaan na die koning van Babel toe, hy en sy ma en sy offisiere en sy amptenare en sy paleisbediendes. Die koning van Babel was ag jaar lank koning toe hy vir Jojagin gevang het. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | het Jojagin oorgegee. Hy en sy ma, die koningin-moeder, en sy lyfwag, sy belangrikste amptenare en offisiere het uitgegaan en hulle is gevang. Dit was in die agtste jaar wat Nebukadnesar regeer het. |