2 Kings 24:10 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | In daardie tyd het die dienaars van Nebukadnésar, die koning van Babel, teen Jerusalem opgetrek, en die stad is beleër. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Gedurende Jojagin se bewind het die leër van koning Nebukadnesar van Babel opgetrek teen Jerusalem en dit beleër. |
| Afrikaans 1933/1953 | In die tyd het die dienaars van Nebukadn,sar, die koning van Babel, na Jerusalem opgetrek en die stad is beleër. |
| Afrikaans 1983 | In dié tyd het die leër van koning Nebukadnesar van Babel 'n aanval op Jerusalem begin en die stad beleër. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | In daardie tyd het die dienaars van Nebukadnesar, die koning van Babilonië, opgetrek teen Jerusalem, en die stad was onder beleg. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | In die tyd toe Jojagin koning was, het die soldate van koning Nebukadnesar van Babel na Jerusalem gekom en hulle het die stad van al die kante aangeval. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | In dié tyd het die leër van Nebukadnesar, die koning van Babel, Jerusalem aangeval en van die buitewêreld afgesny. |