2 Kings 23:9 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Maar die priesters van die hoogtes het nie na die altaar van die HERE in Jerusalem opgegaan nie, maar hulle het van die ongesuurde brode onder hulle broers geëet.
Afrikaans (NLV) 2011 Die priesters wat by die hoogtes geoffer het, is nie toegelaat om by die Here se altaar in Jerusalem diens te doen nie, maar kon saam met die ander priesters ongesuurde brood eet.
Afrikaans 1933/1953 Die priesters van die hoogtes mag egter nie op die altaar van die HERE in Jerusalem geklim het nie, maar hulle het ongesuurde brode onder hulle broers geëet.
Afrikaans 1983 Josia het nie die priesters wat by die hoogtes geoffer het, by die altaar van die Here in Jerusalem laat kom nie, maar hulle kon saam met hulle ampsgenote ongesuurde brood eet.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Die priesters van die offerhoogtes het egter nie na die Here se altaar in Jerusalem opgegaan nie, maar hulle het ongesuurde brood geëet saam met hulle stamgenote.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Die priesters wat by die offer-plekke gewerk het, mag nie by die altaar van die Here in Jerusalem gewerk het nie, maar hulle mag ongesuurde brood geëet het saam met die priesters van die tempel.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Hierdie priesters mag nie op die altaar van die Here in Jerusalem gewerk het nie. Hulle kon egter wel saam met die ander priesters van die ongesuurde brood eet wat net vir priesters bedoel was.