2 Kings 23:8 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En hy het al die priesters uit die stede van Juda gebring en die hoogtes waar die priesters rook laat opgaan het, verontreinig, van Geba af tot Berséba, en die hoogtes van die poorte wat by die ingang van die poort van Josua was, afgebreek. Die goewerneur van die stad, wat aan die linkerhand van 'n man was by die poort van die stad. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Josia het al die priesters van ander dorpe in Juda laat kom en die hoogtes waar hulle geoffer het, ontwy. Dit was vanaf Geba tot by Berseba. Hy het die hoogtes by die poorte vernietig, ook die een by die poort van Josua, die stadsbevelvoerder. Hierdie poort was aan die linkerkant wanneer ’n mens die stadspoort binnegaan. |
| Afrikaans 1933/1953 | En hy het al die priesters uit die stede van Juda laat kom en die hoogtes verontreinig waar die priesters offerrook laat opgaan het, van Geba af tot by Bers,ba, en die hoogtes van die poorte afgebreek, die wat by die ingang van die poort van Josua, die owerste van die stad, was en die wat aan 'n mens se linkerhand in die stadspoort was. |
| Afrikaans 1983 | Verder het Josia al die priesters uit die stede van Juda laat bring en die hoogtes waarop die priesters geoffer het, laat ontwy, van Geba af tot by Berseba. Hy het die hoogtes wat by die poorte was, laat afbreek, ook die een by die poort van die stadsbevelvoerder Josua, aan die linkerkant as 'n mens die stadspoort binnegaan. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Hy het al die priesters uit die dorpe van Juda laat kom en die offerhoogtes waar die priesters offers verbrand het, verontreinig, van Geba tot Berseba. Hy het die offerhoogtes by die stadspoorte afgebreek, dié wat by die ingang na die poort van Josua, die stadsbestuurder, was, aan die linkerkant wanneer 'n mens by die stadspoort ingaan. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Koning Josia het al die priesters wat by die stede van Juda gewerk het, na Jerusalem laat kom. Hy het die offer-plekke ontwy waar hierdie priesters wierook gebrand het, van die stad Geba tot by die stad Berseba. Hy het ook die offer-plekke van die veldgode laat afbreek. Hierdie offer-plekke was voor die poort van die huis van Josua, die burgemeester. Dit was links langs die poort van die stad. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Hy het al die priesters wat in die stede van Juda vir die Here gewerk het, na Jerusalem toe laat kom. Hy het die heilige plekke waar hulle gewerk het, van Geba af tot by Berseba, tot niet gemaak, asook die heilige plekke by Josua se poort. (Josua was die offisier in bevel van Jerusalem, en sy plek was net links van die stadspoort.) |