2 Kings 23:7 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En hy het die huise van die sodomiete afgebreek wat by die huis van die HERE was, waar die vroue behangsels vir die bos geweef het.
Afrikaans (NLV) 2011 Hy het ook die kamers van die manlike prostitute binne die tempel van die Here afgebreek. Dis waar die vroue weefwerk vir Asjera gedoen het.
Afrikaans 1933/1953 En hy het die huise van die skandseuns afgebreek wat in die huis van die HERE was, waar die vroue tente geweef het vir Asj,ra.
Afrikaans 1983 Hy het die manlike prostitute se kamers by die huis van die Here laat afbreek waarin die vroue klere geweef het vir die diens van Asjera.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Hy het die vertrekke van die manlike tempelprostitute wat in die huis van die Here was en waar die vroue afskortings geweef het vir Asjera, afgebreek.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Hy het die kamers van die mansprostitute by die tempel laat afbreek. Dit is waar die vroue klere geweef het vir Asjera.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Hy het die huise op die tempelterrein laat afbreek wat aan die heilige prostitute behoort het. Dit is waar die vroue materiaal geweef het wat vir die verering van Asjera gebruik is.