2 Kings 23:6 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En hy het die bos uit die huis van die HERE buitekant Jerusalem uitgebring na die spruit Kidron en dit verbrand by die spruit Kidron en dit fyngedruk tot poeier en die poeier daarvan gegooi op die grafte van die kinders van die volk.
Afrikaans (NLV) 2011 Die koning het die Asjerapaal uit die Here se tempel na die Kidronvallei buite Jerusalem laat bring. Daar is dit verbrand, vergruis en op die grafte van die gewone mense gestrooi.
Afrikaans 1933/1953 En hy het die Asj,ra uit die huis van die HERE buitekant Jerusalem uitgebring na die spruit Kidron en dit by die spruit Kidron verbrand en dit tot stof vermaal en sy stof gegooi op die algemene begraafplaas.
Afrikaans 1983 Hy het die Asjera uit die huis van die Here laat bring na die Kedronspruit toe buite Jerusalem, dit daar laat verbrand en laat fynstamp. Die as het hy laat weggooi op die grafte van die gewone mense.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Hy het ook die asjera uit die huis van die Here na die Kidrondal buite Jerusalem geneem. Hy het dit in die Kidrondal verbrand, dit fyngestamp tot stof, en die stof weggegooi by die begraafplek van die gewone mense.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Hy het ook die beeld van Asjera uit die tempel laat bring en hy het die beeld buite Jerusalem in die Kedron-vallei laat verbrand. Daarna het hy dit fyngestamp en hy het die as weggegooi op die grafte van die gewone mense.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Hy het die Asjerastomp uit die tempel laat haal en dit by die Kidronspruit laat verbrand. Die kole het hy laat fynstamp en die as in die openbare begraafplaas laat uitgooi.