2 Kings 23:5 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En hy het die afgodiese priesters neergesit wat die konings van Juda aangestel het om rook te laat opgaan op die hoogtes in die stede van Juda en in die plekke rondom Jerusalem; ook die wat rook laat opgaan het vir Baäl, vir die son en die maan en vir die planete en vir die hele leër van die hemel.
Afrikaans (NLV) 2011 Hy het ontslae geraak van die afgodspriesters wat die vorige konings van Juda aangestel het, want hulle het op die hoogtes in die dorpe van Juda, asook in die omgewing van Jerusalem offers gebring. Hulle het ook offers gebring vir Baäl, die son, die maan, die sterrebeelde en al die ander hemelliggame.
Afrikaans 1933/1953 En hy het die afgodspriesters uitgeroei wat deur die konings van Juda aangestel was om op die hoogtes in die stede van Juda en in die omgewing van Jerusalem rook te laat opgaan, en ook die wat vir Baäl, vir die son en die maan en die sterrebeelde en die hele leër van die hemel offerrook laat opgaan het.
Afrikaans 1983 Josia het die afgodspriesters afgesit wat deur die konings van Juda aangestel is en wat offers gebring het op die hoogtes, in die stede van Juda en in die omgewing van Jerusalem. Hy het ook 'n einde gemaak aan dié wat geoffer het vir Baäl en vir die son en die maan en die diereriem en al die ander hemelliggame.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Hy het weggedoen met die afgodspriesters wat die konings van Juda aangestel het, hulle wat offers verbrand het op die offerhoogtes in die dorpe van Juda en in die omgewing van Jerusalem, en ook van dié wat offers verbrand het vir Baäl, vir die son en maan, die sterrebeelde in die diereriem, en al die ander hemelliggame.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Die konings van Juda het voorheen priesters aangestel vir die afgode. Die priesters moes wierook brand op die offer-plekke by die stede van Juda en buite Jerusalem. Hulle moes dit brand vir Baäl, vir die son en die maan en al die sterre. Koning Josia het gesê hierdie priesters mag nie meer priesters wees nie.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Hy het ook die priesters afgesit wat offers gebrand het op die heidense heilige plekke in Juda en in die omgewing van Jerusalem. Hulle is vroeër deur die konings van Juda aangestel. Hy het ook ontslae geraak van die priesters wat vir Baäl, Asjera, die son, die maan, die sterrebeelde en die ander hemelgode offers gebrand het.