2 Kings 23:4 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En die koning het die hoëpriester Hilkía en die priesters van die tweede orde en die deurwagters bevel gegee om uit die tempel van die HERE al die voorwerpe uit te bring wat vir Baäl en vir die bos en die hele leër van die hemel, en hy het hulle buite Jerusalem in die veld van Kedron verbrand en die as daarvan na Bet-el gebring.
Afrikaans (NLV) 2011 Daarop het die koning vir die hoëpriester Gilkija, die priesters tweede in bevel en die poortwagters van die tempel beveel om al die voorwerpe wat vir Baäl, Asjera en al die hemelliggame gemaak is, uit die tempel van die Here te verwyder. Hulle moes al hierdie voorwerpe buite Jerusalem op die terrasse van die Kidronvallei verbrand en die as na Bet-El toe vat.
Afrikaans 1933/1953 Toe gee die koning die hoëpriester Hilk¡a en die priesters van die tweede rang en die drumpelwagters bevel om uit die tempel van die HERE al die voorwerpe uit te bring wat gemaak is vir Baäl en Asj,ra en die hele leër van die hemel; en hy het dit buitekant Jerusalem in die velde van Kidron verbrand en die as daarvan na Bet-el laat dra.
Afrikaans 1983 Koning Josia het aan die hoëpriester Gilkija, aan die priesters net onder hom en aan die drumpelwagte opdrag gegee om uit die tempel van die Here al die goed te bring wat vir Baäl en Asjera en al die hemelliggame gemaak is. Hulle moes dit verbrand buite Jerusalem op die gelyktes langs die Kedron en die as na Bet-El toe vat.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Die koning het toe vir Gilkija, die hoëpriester, vir die priesters tweede in rang, en ook die deurwagters, opdrag gegee om uit die •tempel van die Here al die voorwerpe wat vir Baäl en Asjera, asook al die hemelliggame gemaak is, uit te bring. Hy het dit buite Jerusalem op die terrasse by die Kidron verbrand en die as daarvan na Bet-El geneem.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Die koning het gesê die hoëpriester Gilkija en die ander belangrike priesters en die wagte by die deure van die tempel moet al die goed uit die tempel bring wat die mense gemaak het vir Baäl en vir Asjera en vir die son en die maan en die sterre. Hulle het die goed verbrand buite Jerusalem in die Kedron-vallei en hulle het die as na die stad Bet-El geneem.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Josia het toe met ’n omvangryke hervorming van die godsdiens in Jerusalem begin: Hy het die hoëpriester Gilkija, die priesters net onder hom en die deurwagte opdrag gegee om alles in die tempel bymekaar te maak wat vir Baäl, Asjera of die hemelgode gebruik is. Hulle het dit uitgedra en dit op die terrasse van die Kidronvallei, buite die stad, verbrand. Die as het hy Bet-El toe laat neem.