2 Kings 23:35 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En Jojakim het die silwer en die goud aan Farao gegee; maar hy het die land belas om die geld te gee volgens die bevel van Farao; hy het die silwer en die goud van die mense van die land, van elkeen volgens sy belasting, geëis om dit aan Farao Nego te gee.
Afrikaans (NLV) 2011 Ten einde die silwer en goud wat farao Neko as boete opgelê het, te betaal, het Jojakim ’n belasting op die burgers van die land gelê. Elkeen moes volgens hulle vermoëns betaal.
Afrikaans 1933/1953 En die silwer en die goud het Jojakim aan Farao gelewer; maar hy het die grond gewaardeer om die geld volgens die bevel van Farao te lewer; volgens wat elkeen geskat is, het hy die silwer en die goud van die bevolking van die land ingevorder om aan Farao Nego te lewer.
Afrikaans 1983 Jojakim het die goud en die silwer aan die farao betaal. Om te betaal wat die farao geëis het, moes hy die land aanslaan. Hy het die goud en die silwer van die burgers van die land geëis, van elkeen volgens sy aanslag, en dit aan farao Neko betaal.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Die silwer en die goud het Jojakim aan die farao gelewer. Hy moes egter die land belas om die geld op bevel van die farao te kon lewer. Volgens elkeen se geskatte waarde, het hy die silwer en die goud by die volk van die land ingevorder om dit aan farao Nego te lewer.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Jojakim moes die silwer en die goud vir die farao betaal, en hy het gesê elke persoon in die land moet iets gee sodat hy dit kan betaal.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Jojakim moes die boete aan farao Neko betaal. Om dit te kon doen moes almal in Juda belasting betaal. Elkeen moes betaal volgens hulle rykdom.