2 Kings 23:33 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En Farao Nego het hom in Ribla, in die land Hamat, in bendes opgestel, sodat hy nie in Jerusalem sou regeer nie; en gee aan die land 'n belasting van honderd talente silwer en 'n talent goud. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Farao Neko het Joahas in Ribla, in die land Hamat, gevange geneem sodat hy nie verder kon regeer nie. Hy het ook Juda ’n boete opgelê van drie en ’n halwe ton silwer en 34 kilogram goud. |
| Afrikaans 1933/1953 | Maar Farao Nego het hom in Ribla, in die land Hamat, gevange gehou, dat hy in Jerusalem nie sou regeer nie, en die land 'n boete opgelê van honderd talente silwer en 'n talent goud. |
| Afrikaans 1983 | Farao Neko het vir Joahas gevang en in Ribla, in Hamat, in die tronk gehou sodat hy nie in Jerusalem kon regeer nie. Neko het die land beboet met drie en 'n halwe ton silwer en vier en dertig kilogram goud. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Farao Nego het hom in Ribla, in die land Hamat, gevange gehou – hy kon nie in Jerusalem regeer nie. Nego het ook die land 'n boete opgelê van honderd kikkar silwer en 'n kikkar goud. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Die farao Neko het vir Joahas gevang en hy het vir Joahas in Ribla in die land Hamat gehou, sodat Joahas nie koning kon wees in Jerusalem nie. Die farao het gesê die land Juda moet vir hom 100 talente silwer en een talent goud betaal. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Farao Neko het Joahas gevang en in Ribla in die land Hamat opgesluit, sodat hy nie in Jerusalem kon regeer nie. As straf het Neko drie en ’n half ton silwer en 34 kilogram goud van Juda geëis. |