2 Kings 23:30 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En sy dienaars het hom dood in 'n wa van Megiddo af gedra en hom na Jerusalem gebring en hom in sy eie graf begrawe. En die volk van die land het Joahas, die seun van Josía, geneem en hom gesalf en hom koning gemaak in die plek van sy vader. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Josia se soldate het sy liggaam in ’n wa uit Megiddo na Jerusalem toe gebring en hom in sy eie graf begrawe. Die burgers van die land het sy seun Joahas as koning in sy plek gesalf. |
| Afrikaans 1933/1953 | En sy dienaars het hom dood vervoer van Meg¡ddo af en hom in Jerusalem gebring en hom in sy graf begrawe; en die volk van die land het Joahas, die seun van Jos¡a, geneem en hom gesalf en hom in die plek van sy vader koning gemaak. |
| Afrikaans 1983 | Sy lyfwagte het sy lyk op 'n wa gesit en na Jerusalem toe gebring. Daar het hulle hom in sy graf begrawe. Die burgers van die land het Josia se seun Joahas geneem, hom gesalf en hom koning gemaak in sy pa se plek. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Sy dienaars het hom dood op 'n strydwa teruggebring van Megiddo af. Hulle het hom na Jerusalem geneem en hom in sy graf neergelê. Die volk van die land het Jehoagas, seun van Josia, geneem, hom gesalf en hom koning gemaak in die plek van sy vader. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Josia se offisiere het sy liggaam op 'n oorlogkar uit Megiddo gebring en hulle het dit na Jerusalem geneem. Sy mense het hom in sy graf begrawe. Die mense van die land het vir Joahas seun van Josia geneem en hulle het hom gesalf en hom koning gemaak in sy pa se plek. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Josia se lyfwagte het sy lyk op ’n strydwa gesit en hom teruggevat Jerusalem toe. Daar is hy in sy graf begrawe en die mense van die land het sy seun Joahas in sy plek koning gemaak. |