2 Kings 23:3 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En die koning het by 'n gedenksteen gaan staan en 'n verbond gesluit voor die aangesig van die HERE om agter die HERE aan te wandel en sy gebooie en sy getuienisse en sy insettinge te onderhou met hulle hele hart en met hulle hele siel, om die woorde van hierdie verbond uit te voer wat is in hierdie boek geskryf. En die hele volk het by die verbond gestaan.
Afrikaans (NLV) 2011 Die koning neem toe sy plek in langs die pilaar en het die verbond voor die Here hernu. Hy het onderneem om die Here te volg deur al sy voorskrifte, bepalings en gebooie met hart en siel te gehoorsaam. So het hy al die voorwaardes van hierdie verbond soos dit in die boekrol geskryf was, bekragtig. Die hele volk het hulle ook tot die verbond verbind.
Afrikaans 1933/1953 En die koning het op die verhoog gaan staan en die verbond voor die aangesig van die HERE gesluit om die HERE te volg en sy gebooie en sy getuienisse en sy insettinge met die hele hart en met die hele siel te onderhou, om die woorde van hierdie verbond wat in hierdie boek geskrywe is, te bevestig. En die hele volk het toegetree tot die verbond.
Afrikaans 1983 Toe het die koning op sy plek gaan staan en 'n verbond met die Here gesluit en beloof om die Here te volg en sy gebooie, verordeninge en voorskrifte met sy hele hart en siel te gehoorsaam en om die bepalings van die verbond soos dit in hierdie boek vasgelê is, na te kom. Die hele volk het die verbond aanvaar.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Daarna het die koning by die pilaar gaan staan en voor die Here die verbond gesluit. Hulle het onderneem om die Here te volg, om sy gebooie, sy bepalings en sy vaste voorskrifte met hulle hele hart en hulle hele wese na te kom, deur die woorde van hierdie verbond wat in hierdie boekrol geskryf is, gestand te doen. Die hele volk het tot die verbond toegetree.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Daarna het die koning by die pilaar gaan staan. Hy het belowe dat Hy die Here altyd sal dien en dat hy alles sal doen wat die wette van die Here sê. Hy het belowe om te doen wat die Here wil hê en om die verbond te hou waaroor daar in die boek geskryf is. Al die mense het dit saam met die koning belowe.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Josia het toe op die koning se ereplek gaan staan en met die Here ’n ooreenkoms gesluit. Hy het belowe om met volle oorgawe alles te doen wat die Here volgens die wetboek vra. Die hele volk het hulle ook tot die ooreenkoms verbind.