2 Kings 23:29 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) In sy dae het Farao Nego, die koning van Egipte, opgetrek teen die koning van Assirië na die Eufraatrivier, en koning Josia het teen hom opgetrek; en hy het hom by Megiddo gedood toe hy hom gesien het.
Afrikaans (NLV) 2011 Terwyl Josia koning was, was farao Neko, die koning van Egipte, op pad na die Eufraatrivier om die koning van Assirië te gaan help. Koning Josia het teen hom opgetrek, maar koning Neko het hom doodgemaak toe hulle by Megiddo teenoor mekaar te staan gekom het.
Afrikaans 1933/1953 In sy dae het Farao Nego, die koning van Egipte, teen die koning van Assirië opgetrek na die Eufraatrivier; en koning Jos¡a het hom tegemoetgetrek, maar die het hom gedood by Meg¡ddo net toe hy hom sien.
Afrikaans 1983 In sy tyd was die farao koning Neko van Egipte op pad na die koning van Assirië toe aan die Eufraat. Koning Josia het teen die farao opgetrek, maar die farao het hom met die bymekaarkom in Megiddo doodgemaak.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) In sy tyd het farao Nego, koning van Egipte, teen die koning van Assirië opgetrek na die Eufraatrivier. Koning Josia het hom tegemoetgetrek, maar Nego het hom by Megiddo doodgemaak toe hy hom teëkom.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) In die tyd toe Josia koning was, wou Neko, koning van Egipte, vir die koning van Assirië gaan aanval by die Eufraat-rivier. Josia het toe gegaan om vir Neko te stop. Die farao het vir Josia doodgemaak toe hulle mekaar by Megiddo sien.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Terwyl Josia koning was, het farao Neko, die koning van Egipte, na die Eufraatrivier toe gegaan om die koning van Assirië te gaan help. Josia wou dit keer en het met sy leër teen die farao gaan veg. Hulle het mekaar by Megiddo ontmoet, maar Neko het Josia doodgemaak.