2 Kings 23:27 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En die HERE het gesê: Ek sal Juda ook van my aangesig verwyder, soos Ek Israel verwyder het, en hierdie stad Jerusalem wat Ek verkies het, en die huis waarvan Ek gesê het: My Naam sal daar wees, verwerp.
Afrikaans (NLV) 2011 Die Here het gesê: “Ek sal my teenwoordigheid uit Juda wegneem net soos Ek met Israel gedoen het. Ek sal hierdie stad Jerusalem wat Ek verkies het, verwerp, asook die tempel waarvan Ek gesê het: ‘My Naam sal daar wees.’”
Afrikaans 1933/1953 En die HERE het gesê: Ek sal Juda ook van my aangesig verwyder soos Ek Israel verwyder het; en Ek sal hierdie stad Jerusalem verwerp wat Ek verkies het, en die huis waarvan Ek gesê het: My Naam sal daar wees.
Afrikaans 1983 Hy het gesê: “Ek sal Juda ook uit my teenwoordigheid verwyder, net soos Ek Israel verwyder het. Ek sal hierdie stad, Jerusalem, wat Ek uitverkies het, verwerp, en ook die tempel waarvan Ek gesê het: My Naam sal daar wees.”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Die Here het gesê: “Ook Juda sal Ek uit my teenwoordigheid verwyder, soos Ek Israel verwyder het; en Ek sal hierdie stad, Jerusalem, wat Ek uitverkies het, verwerp, asook die tempel waarvan Ek gesê het, ‘My Naam sal daar wees.’ ”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Die Here het gesê: “Ek sal die mense van Juda ook wegvat voor My soos Ek die mense van Israel weggevat het. Ek het hierdie stad Jerusalem gekies, en Ek het gesê Ek sal self in hierdie tempel woon. Maar Ek sal nou hierdie stad en hierdie tempel los.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Die Here het besluit: “Ek gaan van Juda ontslae raak soos wat Ek van Israel ontslae geraak het. Ook Jerusalem wat Ek self gekies het en die tempel waarvan Ek vroeër gesê het: ‘Dit is die plek waar Ek sal woon,’ verwerp Ek nou.”