2 Kings 23:26 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Maar die HERE het hom nie afgewend van die gloed van sy groot toorn waarmee sy toorn teen Juda ontvlam het nie, vanweë al die ergernis waarmee Manasse hom geterg het. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Nogtans het die Here se toorn oor Juda voortgeduur. Dit was as gevolg van die bose dade van koning Manasse. Hy het nie sy toorn oor hulle laat vaar nie. |
| Afrikaans 1933/1953 | Nogtans het die HERE Hom nie afgewend van sy groot toorngloed waarmee sy toorn teen Juda ontvlam het oor al die terginge waarmee Manasse Hom geterg het nie. |
| Afrikaans 1983 | Die Here het egter nie sy hewige toorn teen Juda laat vaar nie. Hy het toornig gebly oor Manasse se uittartende optrede teen Hom. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | En tog het die Here nie afgesien van sy verskriklike brandende toorn wat teen Juda gebrand het oor al die treiterings waarmee Manasse Hom getart het nie. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Maar die Here het kwaad gebly vir die mense van Juda. Die Here was kwaad oor alles wat Manasse gedoen het. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Die Here het egter nie sy besluit oor Juda verander nie. Hy was nog altyd woedend oor die dinge wat Manasse gedoen het. |