2 Kings 23:25 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En soos hy was daar geen koning voor hom wat hom tot die HERE bekeer het met sy hele hart en met sy hele siel en met al sy krag, volgens die hele wet van Moses nie; en ná hom het daar niemand soos hy opgestaan nie.
Afrikaans (NLV) 2011 Voor hom was daar nie ’n koning soos hy wat hom tot die Here bekeer het nie. Dit het hy gedoen met sy hele hart en siel en met al sy kragte volgens al die gebooie van Moses. Ná hom was daar ook nie weer ’n koning soos hy nie.
Afrikaans 1933/1953 En voor hom was daar geen koning soos hy nie wat hom tot die HERE bekeer het met sy hele hart en met sy hele siel en met al sy krag volgens die hele wet van Moses, en nhom het nie een soos hy opgestaan nie.
Afrikaans 1983 Daar was nie voor hom nog so 'n koning soos hy wat hom tot die Here bekeer het met sy hele hart en siel en met al sy kragte in ooreenstemming met die hele wet van Moses nie, en ná hom was daar ook nie so 'n koning soos hy nie.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) 'n Koning soos hy was daar nie voor hom nie – iemand wat na die Here teruggekeer het met sy hele hart en met sy hele wese en met al sy krag, in ooreenstemming met die hele Wet van Moses. En ná hom het daar ook nie iemand soos hy opgestaan nie.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Daar was nie nog so 'n koning wat sy lewe so heeltemal verander het nie. Josia het gedoen wat die Here wil hê, soos die Wette van Moses sê. Daar was nie so 'n koning vóór die tyd van Josia of ná sy tyd nie.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Daar was in die hele geskiedenis nie nog ’n koning soos Josia nie. Daar was nie een wat hom só heelhartig en met al sy krag daaraan gewy het om alles te doen wat die Here volgens die wet van Moses van hom verwag het nie. Daar was ook ná hom nie weer so ’n koning soos hy nie.