2 Kings 23:22 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Waarlik, so 'n pasga was nie gehou van die dae van die regters wat Israel gerig het nie, en ook nie in al die dae van die konings van Israel en van die konings van Juda nie;
Afrikaans (NLV) 2011 Daar was nog nooit so ’n Paasfeesviering sedert die dae toe die rigters in Israel regeer het, of selfs gedurende die regering van die konings in Israel en Juda nie.
Afrikaans 1933/1953 Want soos hierdie pasga is daar nie een gehou van die dae van die Rigters af wat Israel gerig het, en gedurende al die dae van die konings van Israel en die konings van Juda nie;
Afrikaans 1983 'n Paasfees soos hierdie is nie gevier van die tyd van die leiers af wat oor Israel geregeer het nie, ook nie tydens die regering van die konings van Israel en Juda nie.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Ja, 'n Pasga soos hierdie is nie gevier sedert die tyd van die rigters wat Israel gerig het nie, ook nie gedurende al die dae van die konings van Israel en die konings van Juda nie.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Daar was nie nog so 'n Paasfees nie, van die tyd van die leiers wat oor die Israeliete regeer het, tot nou toe, ook nie in die tyd van die konings van Israel en Juda nie.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Die paasfees is in al die jare van die konings van Israel en Juda nie só gevier nie. Dit het laas gebeur in die tyd toe die rigters in Israel regeer het.