2 Kings 23:21 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En die koning het aan die hele volk bevel gegee en gesê: Hou die pasga vir die HERE julle God, soos geskrywe is in die boek van hierdie verbond.
Afrikaans (NLV) 2011 Hierna het koning Josia die hele volk beveel: “Kom vier nou die Paasfees van die Here julle God soos dit in hierdie boek van die verbond beskryf is.”
Afrikaans 1933/1953 Toe gee die koning die hele volk bevel en sê: Hou pasga vir die HERE julle God soos geskrywe is in hierdie verbondsboek.
Afrikaans 1983 Daarna het die koning die volk beveel: “Vier die paasfees tot eer van die Here julle God soos dit voorgeskryf is in hierdie boek van die verbond.”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Daarna het die koning die hele volk opdrag gegee en gesê: “Vier die Pasga vir die Here julle God, soos dit geskryf staan in hierdie boekrol met die verbond.”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Die koning het vir al die mense gesê: “Julle moet die Paasfees vier vir julle God die Here. Julle moet dit vier soos dit geskryf is in hierdie verbondsboek.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Josia het al sy mense beveel: “Julle moet die paasfees ter ere van die Here julle God vier, soos dit in die wetboek beskryf word.”