2 Kings 23:20 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En hy het al die priesters van die hoogtes wat daar was, op die altare gedood en mensebeendere daarop verbrand en na Jerusalem teruggekeer.
Afrikaans (NLV) 2011 Hy het al die priesters van die hoogtes op hulle eie altare doodgemaak en die altare ontwy deur mensbene daarop te verbrand. Daarna het hy na Jerusalem toe teruggegaan.
Afrikaans 1933/1953 En al die priesters van die hoogtes wat daar was, het hy op die altare geslag en mensbene daarop verbrand en na Jerusalem teruggegaan.
Afrikaans 1983 Al die priesters wat daar op die hoogtes diens gedoen het, het hy op die altare laat slag en mensbene op die altare laat verbrand. Daarna is hy terug Jerusalem toe.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Hy het al die priesters van die offerhoogtes wat daar was, op die altare geslag en mensbeendere daarop verbrand. Toe het hy na Jerusalem teruggekeer.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Josia het die priesters wat by die offer-plekke was, laat slag op die altare en hy het mensbene op die altare laat verbrand. Toe het hy teruggegaan na Jerusalem.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Hy het die priesters wat by die heilige plekke gewerk het op die altare laat doodmaak en mensbene op die altare verbrand om hulle te ontwy. Daarna het hy na Jerusalem toe teruggegaan.