2 Kings 23:2 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En die koning het opgegaan na die huis van die HERE, en al die manne van Juda en al die inwoners van Jerusalem saam met hom, en die priesters en die profete en die hele volk, klein en groot, en hy het gelees in hulle hoor al die woorde van die boek van die verbond wat in die huis van die HERE gevind is.
Afrikaans (NLV) 2011 Die koning het opgegaan na die Here se tempel toe. Saam met hom het al die mense van Juda en die inwoners van Jerusalem, asook die priesters en die profete, almal, klein en groot, gegaan. Daar het die koning die hele boek van die verbond wat in die tempel van die Here gekry is, voorgelees.
Afrikaans 1933/1953 En die koning het opgegaan in die huis van die HERE en al die manne van Juda en al die inwoners van Jerusalem saam met hom, en die priesters en die profete en die hele volk, klein en groot; en hy het al die woorde van die verbondsboek wat in die huis van die HERE gevind is, voor hulle ore gelees.
Afrikaans 1983 Daarna is die koning na die huis van die Here toe met al die mense van Juda by hom en ook die inwoners van Jerusalem, die priesters en die Leviete, al die mense, groot en klein. Daar het hy alles aan hulle voorgelees wat in die boek van die verbond gestaan het wat in die huis van die Here gekry is.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Die koning het toe opgegaan na die huis van die Here; al die manne van Juda en al die inwoners van Jerusalem was saam met hom, ook die priesters en die profete, ja, die hele volk, van klein tot groot. Ten aanhore van hulle almal het hy al die woorde van die •boekrol met die verbond wat in die huis van die Here gevind is, voorgelees.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Hy het na die tempel gegaan. Al die leiers van Juda en Jerusalem was saam met hom, en ook die priesters en die profete en al die mense, die belangrike én die onbelangrike mense. Hy het vir hulle gelees wat geskryf is in die verbondsboek wat die hoëpriester in die tempel gekry het.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Hy en al die mense van Juda en die inwoners van Jerusalem, die belangrikes én die onbelangrikes, asook die priesters en die profete het na die tempel toe gegaan. Daar het hy vir hulle die hele wetboek voorgelees wat Gilkija in die tempel gekry het.