2 Kings 23:19 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En ook al die huise van die hoogtes wat in die stede van Samaria was, wat die konings van Israel gemaak het om die HERE te terg, het Josia weggeneem en met hulle gedoen volgens al die dade wat hy in Bet-el gedoen het. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Daarna het Josia al die heiligdomme by die afgodshoogtes in die dorpe van Samaria afgebreek, net soos hy in Bet-El gedoen het. Die konings van Israel het hierdie geboue opgerig en daardeur die Here getart. |
| Afrikaans 1933/1953 | En ook al die tempels van die hoogtes wat in die stede van Samar¡a was, wat die konings van Israel gebou het om die HERE te terg, het Jos¡a afgeskaf en daarmee gehandel ooreenkomstig alles wat hy in Bet-el gedoen het. |
| Afrikaans 1983 | Josia het verder al die heiligdomme wat deur die konings van Israel op die hoogtes by die stede van Samaria gebou is om die Here uit te tart, laat opruim. Hy het met hulle gemaak soos hy in Bet-El gedoen het. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Ook al die tempels op die offerhoogtes wat in die dorpe van Samaria was, wat die konings van Israel opgerig het om die Here uit te tart, het Josia verwyder. Hy het daarmee gemaak net soos wat hy in Bet-El gedoen het. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Josia het ook die tempels op die offer-plekke laat afbreek. Die konings van Israel het voorheen daardie tempels by die stede van Samaria laat bou om die Here kwaad te maak. Josia het dieselfde met die tempels gedoen soos hy by Bet-El gedoen het. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Josia het ook die tempels vernietig wat die konings van Israel in Samaria gebou het. Hy het dit op dieselfde manier behandel as die heilige plek by Bet-El. |