2 Kings 23:18 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En hy sê: Laat hom staan; laat niemand sy gebeente beweeg nie. En hulle het sy gebeente laat staan, saam met die bene van die profeet wat uit Samaria gekom het.
Afrikaans (NLV) 2011 Josia sê toe: “Laat hom met rus. Moenie aan die bene raak nie.” Hulle het toe sy bene en dié van die ou profeet uit Samaria met rus gelaat.
Afrikaans 1933/1953 Daarop sê hy: Laat hom met rus, laat niemand sy bene verroer nie. En hulle het sy bene met die bene van die profeet wat uit Samar¡a gekom het, met rus gelaat.
Afrikaans 1983 Toe sê hy: “Laat hom rus, moenie sy bene versteur nie.” Hulle het toe sy bene en die bene van die profeet wat uit Samaria gekom het, met rus gelaat.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Daarop sê hy: “Laat hom met rus; niemand moet sy beendere versteur nie.” Hulle het sy beendere en die beendere van die profeet wat uit Samaria gekom het, ongeskonde gelaat.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Josia het gesê: “Los hom, niemand moet sy bene wegneem nie.” Hulle het toe die bene van die man van God gelos en ook die bene van die profeet wat uit Samaria gekom het.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Josia het toe beveel: “Laat dié graf dan met rus en moenie die bene uithaal nie.” So het dit gebeur dat hulle die bene van die profeet uit Juda en dié van die ou profeet uit Samaria nie versteur het nie.