2 Kings 23:17 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Toe sê hy: Watter titel is dit wat ek sien? En die manne van die stad het hom meegedeel: Dit is die graf van die man van God wat uit Juda gekom het en hierdie dinge verkondig het wat jy teen die altaar van Bet-el gedoen het. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | “Watter grafsteen sien ek daar anderkant?” vra Josia. Die mense van die stad vertel hom toe: “Dit is die graf van die man van God wat uit Juda gekom en voorspel het presies wat u so pas met die altaar in Bet-El gedoen het!” |
| Afrikaans 1933/1953 | Toe sê hy: Wat is dit vir 'n grafsteen wat ek daar sien? En die manne van die stad antwoord hom: Dit is die graf van die man van God wat uit Juda gekom en hierdie dinge uitgeroep het wat teen die altaar van Bet-el gedoen het. |
| Afrikaans 1983 | Daarna sê Josia: “Watter grafsteen sien ek daar?” en die mense van die stad sê vir hom: “Dit is die graf van die man van God wat uit Juda gekom en voorspel het presies wat u met die altaar van Bet-El gedoen het.” |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Josia het gevra: “Watter grafsteen is dit wat ek hier sien?” Die manne van die dorp het hom geantwoord: “Dit is die graf van die man van God wat uit Juda gekom en hierdie gebeure voorspel het, dit wat u met die altaar van Bet-El gedoen het.” |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Josia het 'n grafsteen gesien en hy het gevra wie se graf dit is. Die mense van die stad Bet-El het vir hom gesê: “Dit is die graf van die man van God wat uit Juda gekom het. Die man van God het voorheen gesê hierdie dinge wat jy met die altaar van Bet-El gedoen het, sal gebeur.” |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Daarna het Josia gevra: “Wie se grafsteen is daardie een wat ek daar sien?” Die mense van Bet-El het vir hom gesê: “Dit is die graf van die profeet uit Juda, wat hierdie dinge wat u nou met die altaar gedoen het, hier kom voorspel het.” |