2 Kings 23:16 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En toe Josia homself omdraai, bekyk hy die grafte wat daar op die berg was, en stuur en haal die bene uit die grafte en verbrand dit op die altaar en verontreinig dit volgens die woord van die HERE wat die man van God verkondig, wat hierdie woorde verkondig het. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Toe Josia verder rondkyk, sien hy verskeie grafte teen die kant van die heuwel. Hy het die bene uitgehaal en dit op die altaar in Bet-El verbrand om dit te ontwy. Dit het gebeur net soos die Here destyds deur die man van God aangekondig het. |
| Afrikaans 1933/1953 | En toe Jos¡a hom omdraai, sien hy die grafte wat daar op die berg was; en hy het die bene uit die grafte laat haal en op die altaar verbrand en dit verontreinig, volgens die woord van die HERE wat verkondig is deur die man van God wat hierdie woorde uitgeroep het. |
| Afrikaans 1983 | Toe hy omdraai, sien Josia die grafte daar teen die berg. Hy het die bene uit die grafte laat uithaal en hulle op die altaar laat verbrand. So het hy die altaar laat ontwy in ooreenstemming met die woord van die Here wat destyds deur die man van God aangekondig is. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Toe Josia omdraai, sien hy die grafte wat daar op die heuwel was. Hy het toe die beendere uit die grafte laat haal. Hy het dit op die altaar verbrand en dit verontreinig, ooreenkomstig die woord van die Here wat die man van God uitgeroep het, hy wat hierdie gebeure aangekondig het. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | En toe Josia omdraai, sien hy grafte daar op die berg. Hy het die bene uit die grafte laat haal en hy het dit op die altaar verbrand. So het Josia die altaar ontwy. Dit het gebeur soos die man van God gesê het toe koning Jerobeam by die altaar gestaan het. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Toe hy omdraai, sien Josia die grafte teen die berg. Hy het die bene uit die grafte laat haal en dit op die altaar verbrand. Hierna kon die altaar nooit weer as ’n heilige plek gebruik word nie. Dit was net soos die profeet uit Juda destyds die Here se oordeel oor Bet-El aangekondig het toe Jerobeam tydens die feestyd by die altaar gestaan het. |