2 Kings 23:15 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Verder het hy die altaar wat by Bet-el was, en die hoogte gemaak wat Jerobeam, die seun van Nebat, wat Israel laat sondig het, die altaar sowel as die hoogte laat afbreek het en die hoogte verbrand en dit klein gestamp het poeier, en die bos verbrand.
Afrikaans (NLV) 2011 Daarby het die koning sowel die altaar in Bet-El as die hoogte wat Jerobeam seun van Nebat opgerig het en so Israel tot sonde gelei het, afgebreek. Hy het die klippe fyngemaal tot stof en die Asjerapaal verbrand.
Afrikaans 1933/1953 En ook die altaar wat in Bet-el was, die hoogte wat Jerobeam, die seun van Nebat, gebou het, wat Israel laat sondig het, ook daardie altaar en die hoogte het hy afgebreek en die hoogte verbrand; hy het dit tot stof vermaal en die heilige boomstam verbrand.
Afrikaans 1983 Selfs die altaar in Bet-El, die hoogte wat deur Jerobeam seun van Nebat ingerig is toe hy vir Israel laat sondig het, selfs dié altaar en dié hoogte is deur Josia laat afbreek. Hy het die hoogte laat afbrand en fynslaan en die Asjera laat verbrand.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Selfs die altaar wat in Bet-El was en die offerhoogte wat Jerobeam, seun van Nebat, opgerig het, waarmee hy Israel laat sondig het, selfs daardie altaar en die offerhoogte het hy afgebreek. Hy het die offerhoogte afgebrand, tot stof vergruis en die asjera verbrand.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Josia het ook die altaar wat in Bet-El was, laat afbreek. Dit was die offer-plek wat Jerobeam seun van Nebat gebou het. Jerobeam het die mense van Israel daar sonde laat doen. Josia het ook daardie altaar, daardie offer-plek, laat afbreek. Hy het die offer-plek verbrand en fyngeslaan en hy het die gewyde paal verbrand.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Josia het ook elders in die land teen heiligdomme opgetree. By Bet-El het hy die heilige plek en altaar afgebreek wat Jerobeam I, seun van Nebat, daar gebou het en waar hy die mense van Israel verkeerd laat doen het. Hy het ook die Asjerastomp verbrand.