2 Kings 23:13 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En die hoogtes wat voor Jerusalem was, wat aan die regterkant van die berg van verderf was, wat Salomo, die koning van Israel, gebou het vir Astarte, die gruwel van die Sidoniërs, en vir Kamos, die gruwel van die Moabiete, en vir Milkom, die gruwel van die kinders van Ammon, het die koning verontreinig.
Afrikaans (NLV) 2011 Die koning het verder ook die hoogtes oos van Jerusalem en suid van die Berg van Verwoesting ontwy. Dis waar koning Salomo van Israel hoogtes ter verering van Astarte, die veragtelike godin van die Sidoniërs, en Kemos, die afskuwelike afgod van die Moabiete, en vir Milkom, die veragtelike god van die Ammoniete, opgerig het.
Afrikaans 1933/1953 En die hoogtes wat oos van Jerusalem was, suid van die Berg van Bederf, wat Salomo, die koning van Israel, gebou het vir Astarte, die verfoeisel van die Sidoniërs, en vir Kamos, die verfoeisel van die Moabiete, en vir Milkom, die gruwel van die kinders van Ammon, het die koning verontreinig.
Afrikaans 1983 Verder het die koning die hoogtes laat ontwy wat oos van Jerusalem, suid van die berg van verwoesting, was en wat deur koning Salomo van Israel opgerig is vir die verering van Astarte, die veragtelike godin van die Sidoniërs, Kemos, die veragtelike god van Moab, en Milkom die afskuwelike god van die Ammoniete.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Die offerhoogtes wat oos van Jerusalem was, aan die suidekant van die Berg van Ergernis, het die koning verontreinig, die offerhoogtes wat Salomo, die koning van Israel, opgerig het vir Astarte, die verfoeilike godin van die Sidoniërs, vir Kemos, die verfoeilike god van Moab, en vir Milkom, die afstootlike god van die Ammoniete.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Hy het die offer-plekke ontwy wat Salomo koning van Israel oos van Jerusalem laat bou het. Die offer-plekke was suid van die Olyf-berg. Salomo het die offer-plekke laat bou vir Astarte, Kemos en Milkom, die afgode van die Sidoniërs, die Moabiete en die Ammoniete.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Hy het die heilige plekke oos van Jerusalem, suid van die Olyfberg, ook laat vernietig. Dit is die heiligdomme wat Salomo, die koning van Israel, nog gebou het. Hulle was bedoel vir: Astarte, die mense van Sidon se veragtelike godin; Kemos, die mense van Moab se veragtelike god; Milkom, die mense van Ammon se afstootlike god. •