2 Kings 23:12 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En die altare wat bo-op die bovertrek van Agas was, wat die konings van Juda gemaak het, en die altare wat Manasse in die twee voorhowe van die huis van die HERE gemaak het, het die koning afgebreek en dit verbreek daarvandaan af en gooi hulle stof in die spruit Kidron.
Afrikaans (NLV) 2011 Op die dak van die bokamer van Agas het die konings van Juda altare gebou. Josia het dit afgebreek. Hy het die altare wat Manasse in die twee binnehowe van die Here se tempel gebou het, vernietig. Hy het hulle aan stukke gekap en die puin in die Kidronvallei gegooi.
Afrikaans 1933/1953 Verder, die altare wat op die dak van die bo-kamer van Agas was, wat die konings van Juda gemaak het, en die altare wat Manasse in die twee voorhowe van die huis van die HERE gemaak het, het die koning afgebreek en dit daarvandaan verbrysel en die stof daarvan in die spruit Kidron gegooi.
Afrikaans 1983 Die altare wat deur die konings van Juda gebou is op die dak van die bovertrek van Agas, en die altare wat deur Manasse in die twee voorhowe van die huis van die Here gebou is, is deur die koning afgebreek. Hy het hulle net daar laat stukkend slaan en die puin laat weggooi in die Kedronvallei.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Die altare wat op die dak van die bovertrek van Agas was, wat die konings van Juda opgerig het, en die altare wat Manasse opgerig het in die twee voorhowe van die huis van die Here, het die koning afgebreek. Hy het dit vinnig daarvandaan verwyder en die stof daarvan in die Kidrondal gegooi.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Hy het die altare laat afbreek wat die konings van Juda laat bou het op die dak van die bo-kamer van Agas en ook die altare wat Manasse laat bou het op die twee oop stukke grond by die tempel. Hy het die altare stukkend laat stamp en hy het die stof in die Kedron-vallei laat gooi.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Hy het ook verskeie altare vernietig. Dit sluit in die altare op die dak van Agas se kamer wat die konings van Juda gebou het en die altare wat Manasse in die twee portale van die tempel gebou het. Hy het die altare laat afbreek waar hulle gestaan het en die rommel in die Kidronspruit laat weggooi.