2 Kings 23:11 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En hy het die perde weggeneem wat die konings van Juda aan die son gegee het, by die ingang van die huis van die HERE, deur die kamer van Natánmeleg, die hofdienaar, wat in die weiveld was, en die strydwaens van die son verbrand met vuur. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Hy het ook die perdestandbeelde wat die vorige konings van Juda aan die son gewy het, verwyder. Dit was by die ingang na die tempel van die Here en naby die woonkwartiere van die ontmande amptenaar Netan-Melek. Die koning het ook die waens wat aan die son gewy was, verbrand. |
| Afrikaans 1933/1953 | En hy het die perde uitgeroei wat die konings van Juda gegee het tot verering van die son, by die ingang van die huis van die HERE, by die kamer van Natan-Meleg, die hofdienaar, in die aanbousel; en die waens van die son het hy met vuur verbrand. |
| Afrikaans 1983 | Die perdebeelde wat deur die konings van Juda ter verering van die son opgestel is, het hy laat verwyder. Hulle het gestaan by die ingang van die huis van die Here, by die kamer van die amptenaar Netan-Melek aan die binneplein. Die sonwa het hy laat verbrand. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Hy het weggedoen met die perde wat die konings van Juda aan die songod opgedra het, by die ingang na die huis van die Here, by Netan-Meleg, die paleisamptenaar se vertrek, wat in die buitegeboue was. Die strydwaens van die songod het hy verbrand. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Hy het ook die beelde van die perde laat wegvat wat die konings van Juda laat maak het. Die mense het die son by die beelde aanbid. Die beelde het gestaan op die oop stuk grond voor die poort van die tempel by die kamer van die paleisbediende Netan-Melek. Die koning het ook die waens laat verbrand wat by die beelde was. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Hy het die perdebeelde vernietig wat by die ingang van die tempel gestaan het. Dit was naby die kamer van Netan-Melek wat by die paleis gewerk het. Vroeëre konings van Juda het beelde gegee om die son te vereer. Hy het ook die waens van die son verbrand. |