2 Kings 23:10 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En hy het Tofet, wat in die dal van die kinders van Hinnom is, verontreinig, sodat niemand sy seun of sy dogter vir Molog deur die vuur sou laat deurgaan nie. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Die Tofet in die Ben-Hinnomdal het hy laat ontwy sodat niemand dit weer kon gebruik om ’n seun of dogter in die vuur te offer as offer vir Molek nie. |
| Afrikaans 1933/1953 | Hy het ook Tofet verontreinig wat in die dal van die kinders van Hinnom was, sodat niemand sy seun of sy dogter vir Molog deur die vuur sou laat deurgaan nie. |
| Afrikaans 1983 | Hy het die offerplek wat in die Ben-Hinnomdal was, laat ontwy, sodat niemand meer sy seun of dogter as offer vir Molek kon verbrand nie. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Hy het ook Tofet, wat in die Ben-Hinnomdal was, verontreinig, sodat niemand sy seun of sy dogter vir Moleg in die vuur sou offer nie. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Daar was 'n plek in die Ben-Hinnom-vallei waar mense hulle kinders verbrand het. Die koning het die plek laat ontwy sodat niemand sy kind daar vir Molek kon offer nie. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Hy het die offerplek in die Ben-Hinnom-dal, waar hulle kinders vir Molek geoffer het, ook laat vernietig, sodat niemand dit ooit weer vir dié doel sou kon gebruik nie. |