2 Kings 22:9 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En Safan, die skrywer, het na die koning gekom en die koning laat weet en gesê: U dienaars het die geld bymekaargemaak wat in die huis gevind is, en dit oorgegee in die hand van die wat die werk doen wat toesig hou van die huis van die HERE.
Afrikaans (NLV) 2011 Safan het by die koning gaan verslag doen: “U amptenare het die geld wat by die tempel van die Here ingesamel is aan die werkers en toesighouers by die tempel gegee.”
Afrikaans 1933/1953 Daarna het Safan, die skrywer, by die koning gekom en die koning antwoord gebring en gesê: U dienaars het die geld uitgeskud wat in die huis te vinde was, en dit oorhandig aan die uitvoerders van die werk wat aangestel is oor die huis van die HERE.
Afrikaans 1983 en by die koning verslag gaan doen: “U amptenare het die geld wat hiervoor in die tempel beskikbaar was, uitgetel en dit oorhandig aan die mense wat vir die werk aan die huis van die Here moet sorg.”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Toe Safan, die sekretaris, by die koning kom, het hy aan die koning verslag gedoen en gesê: “U dienaars het die geld wat in die tempel gevind is, uitgeskud en dit oorhandig aan die werksmense wat aangestel is by die huis van die Here. ”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Safan het teruggegaan na die koning toe en hy het vir hom gaan sê wat gebeur het. Hy het vir die koning gesê: “Die priesters het die geld uitgehaal wat in die tempel is, en hulle het dit gegee vir die voormanne wat die werk by die tempel moet laat doen.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Daarna is Safan na die koning toe terug om verslag te doen: “Ons het die geld vir die kontrakteurs gegee om met die herstelwerk aan die tempel te begin.