2 Kings 22:7 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Maar van die geld wat in hulle hand gegee is, is daar nie met hulle gereken nie, omdat hulle getrou gehandel het.
Afrikaans (NLV) 2011 Die toesighouers hoef nie rekenskap te gee van die geld wat hulle ontvang nie, want hulle is betroubaar.”
Afrikaans 1933/1953 Maar daar is nie met hulle afgereken oor die geld wat in hulle hand gegee is nie, want hulle het met getrouheid gehandel.
Afrikaans 1983 Daar hoef nie van hulle rekenskap gevra te word van die geld wat aan hulle oorhandig word nie, want hulle is betroubaar.”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Daar is egter nie van hulle rekenskap geëis oor die geld wat aan hulle oorhandig is nie, want hulle was betroubaar in hulle werk.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Maar Gilkija weet die werkers is eerlik, daarom moet hy vir die werkers sê hulle moenie kom sê wat hulle met die geld gedoen het nie.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Dis nie nodig om boek te hou van die geld wat vir die kontrakteurs gegee word nie, want hulle is betroubare mense.”