2 Kings 22:5 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En laat hulle dit gee in die hand van die doeners van die werk wat toesig oor die huis van die HERE het; en laat hulle dit gee aan die doeners van die werk wat in die huis van die HERE is, om die skeure te herstel van die huis, |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Gee hierdie geld aan die toesighouers van die werk aan die Here se tempel. Hulle moet dit gebruik om die werkers wat die tempel herstel, te betaal. |
| Afrikaans 1933/1953 | en laat hulle dit oorhandig aan die uitvoerders van die werk wat aangestel is oor die huis van die HERE, sodat hulle dit kan gee aan die wat die werk doen, wat in die huis van die HERE is om die bouvallige plekke van die huis te herstel, |
| Afrikaans 1983 | Die geld moet oorhandig word aan die mense wat vir die werk aan die huis van die Here moet sorg. Hulle moet daarmee die werkers betaal wat die huis van die Here moet herstel: |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Hulle moet dit oorhandig aan die voormanne wat aangestel is by die huis van die Here, sodat hulle dit op hulle beurt vir die manne kan gee wat die werk doen, dié wat in die huis van die Here is om die bouvallige plekke in die •tempel te herstel, |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Daarna moet hy die geld gee vir die voormanne wat die werk by die tempel moet laat doen, en hulle moet die geld gee vir die mense wat die tempel moet regmaak: |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Die geld moet na die kontrakteurs gaan wat moet sorg dat die tempelgebou herstel word. Hulle moet die geld gebruik om die vakmanne te betaal wat die herstelwerk doen. |