2 Kings 22:4 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Gaan op na die hoëpriester Hilkía, dat hy die silwer kan optel wat in die huis van die HERE gebring word, wat die deurwagters van die volk bymekaargemaak het. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | “Gaan na die hoëpriester Gilkija toe en laat hy die geld tel wat die poortwagters ingesamel het by die mense wat die Here se tempel besoek het. |
| Afrikaans 1933/1953 | Gaan op na Hilk¡a, die hoëpriester, en laat hy die geld optel wat in die huis van die HERE gebring is, wat die drumpelwagters versamel het uit die volk, |
| Afrikaans 1983 | “Gaan na die hoëpriester Gilkija toe en laat hy die geld gereed kry wat ingebring is vir die huis van die Here, dié wat deur die drumpelwagte by die volk ingesamel is. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | “Gaan op na Gilkija, die hoëpriester, en laat hy die geld gereedkry wat in die huis van die Here ingebring is, die geld wat die deurwagters by die volk ingesamel het. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | “Jy moet na die hoëpriester Gilkija toe gaan en vir hom sê hy moet die geld laat tel wat die mense gebring het en wat hulle vir die wagte by die deure van die tempel gegee het. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | “Gaan sê vir die hoëpriester Gilkija hy moet al die geld tel wat die mense tempel toe gebring het en wat die deurwagte bymekaargemaak het. |