2 Kings 22:20 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Kyk daarom, Ek sal jou by jou vaders versamel, en jy sal in vrede in jou graf versamel word; en jou oë sal nie al die onheil sien wat Ek oor hierdie plek sal bring nie. En hulle het die koning weer laat weet.
Afrikaans (NLV) 2011 Daarom sal Ek jou in vrede laat sterf en in vrede laat begrawe word. Jy sal nie al die onheil wat Ek oor hierdie plek gaan bring, self beleef nie.’” Hulle het toe hierdie boodskap aan die koning oorgedra.
Afrikaans 1933/1953 Daarom, kyk, Ek sal jou by jou vaders versamel, en jy sal met vrede in jou graf versamel word, en jou oë sal al die onheil nie aansien wat Ek oor hierdie plek bring nie. En hulle het die koning antwoord gebring.
Afrikaans 1983 Daarom sal Ek jou in vrede laat sterwe en in jou graf laat ingaan; jy sal niks van al die onheil wat Ek oor hierdie plek bring, self beleef nie.”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) “ Daarom, kyk, Ek gaan jou met jou voorouers verenig; jy sal in vrede in jou graf met hulle verenig word, en jou oë sal nie al die onheil sien wat Ek oor hierdie plek gaan bring nie.” ’ ” Hulle het toe aan die koning verslag gedoen.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Daarom sal dit goed gaan met jou totdat Ek jou laat sterf en jy begrawe is. Jy sal nie self sien wanneer Ek dit sleg laat gaan met hierdie plek nie.” Gilkija en die ander mans het vir die koning gaan sê wat die profeet gesê het.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) sal Ek sorg dat die oordeel jóú nie tref nie. Jy sal gewoonweg sterf en in vrede begrawe word, sonder om die oordeel oor Jerusalem te beleef.’” Gilkija-hulle het die boodskap vir Josia gebring.