2 Kings 22:18 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Maar aan die koning van Juda wat julle gestuur het om die HERE te raadpleeg, so moet julle vir hom sê: So spreek die HERE, die God van Israel: Aangaande die woorde wat jy gehoor het; |
| Afrikaans (NLV) 2011 | “Maar gaan na die koning van Juda wat vir julle gestuur het om die Here te raadpleeg en sê vir hom: ‘Dit is wat die Here, die God van Israel, sê aangaande die boodskap wat jy so pas gehoor het: |
| Afrikaans 1933/1953 | Maar aan die koning van Juda wat julle stuur om die HERE te raadpleeg, aan hom moet julle so sê: So spreek die HERE, die God van Israel: Wat die woorde betref wat jy gehoor het -- |
| Afrikaans 1983 | [18-19] Maar sê vir die koning van Juda wat vir julle gestuur het om die Here te raadpleeg: So sê die Here die God van Israel: Ek het daarop ag geslaan dat jy in jou hart geraak is deur die woorde wat jy gehoor het en dat jy jou klere geskeur en gehuil het voor My, en dat jy berou getoon het voor My, die Here, toe jy hoor wat Ek sê oor hierdie plek en sy inwoners, naamlik dat verwoesting en straf oor hulle kom, sê die Here. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | En vir die koning van Juda, wat julle gestuur het om die Here te raadpleeg, vir hom moet julle so sê, ‘So sê die Here, die God van Israel: “Wat die woorde betref wat jy gehoor het – |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | [18-19] Die koning van Juda het vir julle gestuur om te vra wat die Here sê. Julle moet vir die koning gaan sê: Ek, die Here, het gesien dat jy hartseer en ontsteld geword het en dat jy jou voor My verneder het toe jy hoor wat Ek oor hierdie plek gesê het. Ek het gesê hier sal nie meer mense woon nie en Ek sal die plek laat verwoes. Ek het gesien dat jy jou klere geskeur het en Ek het gehoor hoe jy huil. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Sy het egter ook gesê: “Hier is ’n persoonlike boodskap van die Here af vir Josia, na aanleiding van die boodskap wat ek nou net vir julle gegee het. Die Here sê vir hom: |