2 Kings 22:17 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Omdat hulle My verlaat het en vir ander gode rook laat opgaan het, om My te terg met al die werke van hulle hande; daarom sal my toorn teen hierdie plek ontvlam en nie geblus word nie.
Afrikaans (NLV) 2011 Want my volk het My verlaat deur aan ander gode offers te bring en My uit te tart met al die maaksels van hulle eie hande. My toorn brand teen hierdie plek en dit sal nie geblus word nie.’
Afrikaans 1933/1953 omdat hulle My verlaat en vir ander gode offerrook laat opgaan het, om My met al hul handewerk te terg; daarom sal my grimmigheid ontvlam teen hierdie plek en nie uitgeblus word nie.
Afrikaans 1983 want hulle het My verlaat. Hulle het offers gebring vir ander gode en My uitgetart met allerhande maaksels van hulle eie hande. My toorn ontvlam teen hierdie plek, die vlam sal nie geblus word nie.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) omdat hulle My verlaat het, en vir ander gode offers verbrand en My gevolglik uitgetart het met al hulle handewerk. My woede het teen hierdie plek ontvlam en dit sal nie geblus word nie.” ’
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Ek sal dit doen omdat hulle weggegaan het van My en omdat hulle wierook gebrand het vir ander gode. Ek het kwaad geword oor al die dinge wat hulle gedoen het. Ek sal hierdie plek straf en Ek sal nie ophou nie.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Hulle het opgehou om My te vereer en ander goed begin dien wat glad nie gode is nie. Ek is woedend daaroor. My woede is soos ’n vuur wat nie meer geblus kan word nie.’”