2 Kings 22:14 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Toe gaan die priester Hilkía en Ahikam en Akbor en Safan en Asája na die profetes Hulda, die vrou van Sallum, die seun van Tikwa, die seun van Harhas, die klerebewaarder; (nou het sy in Jerusalem in die kollege gewoon;) en hulle het met haar gepraat.
Afrikaans (NLV) 2011 Die priester Gilkija en Agikam, Akbor, Safan en Asaja gaan toe na die nuwe deel van Jerusalem om die profetes Gulda te raadpleeg. Sy was die vrou van Sallum seun van Tikwa en kleinseun van Gasra, die klerebewaarder. Hulle het haar ingelig
Afrikaans 1933/1953 Toe gaan die priester Hilk¡a en Ah¡kam en Agbor en Safan en As ja na die profetes Hulda, die vrou van Sallum, die seun van Tikwa, die seun van Harhas, die klerebewaarder -- sy het in Jerusalem in die Nuwe Stad gewoon -- en hulle het met haar gespreek.
Afrikaans 1983 Die priester Gilkija en Agikam, Akbor, Safan en Asaja is toe na die profetes Gulda toe. Sy was die vrou van die klerebewaarder Sallum seun van Tikwa, seun van Gasra, en het in die nuwe deel van Jerusalem gewoon. Hulle het haar vertel,
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Gilkija, die priester, Agikam, Agbor, Safan en Asaja het toe na Gulda, die profetes, gegaan. Sy was die vrou van Sallum, seun van Tikwa, seun van Gargas, die toesighouer oor die priesterklere. Sy het in Jerusalem, in die nuwe stadsdeel gebly. Hulle het met haar gaan praat,
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Die priester Gilkija, Agikam, Akbor, Safan en Asaja het toe na die profeet Gulda toe gegaan. Gulda was getroud met Sallum seun van Tikwa seun van Gargas. Gulda se man het die klere in die klerekamer van die paleis opgepas en hulle het gewoon in die nuwe deel van Jerusalem. Gilkija en die ander mans het met haar gepraat,
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Hulle is toe na die profetes Gulda toe wat in die nuwe deel van Jerusalem gewoon het. Haar man was Sallum, wat verantwoordelik was vir die klerestoor by die tempel. Gilkija-hulle het haar vertel hoekom hulle daar was.