2 Kings 22:13 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Gaan julle, vra die HERE vir my en vir die volk en vir die hele Juda oor die woorde van hierdie boek wat gevind word; want groot is die toorn van die HERE wat teen ons ontvlam, omdat ons vaders nie geluister het nie en na die woorde van hierdie boek, om te doen volgens alles wat oor ons geskrywe is. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | “Gaan en raadpleeg die Here namens my en namens die hele volk Juda. Raadpleeg Hom oor dit wat geskryf is in die boekrol wat gevind is. Die Here se toorn het teen ons ontvlam omdat ons voorvaders ongehoorsaam was aan die voorskrifte in hierdie boekrol. Ons het nie opgetree volgens wat in die boekrol van ons vereis word nie.” |
| Afrikaans 1933/1953 | Gaan raadpleeg die HERE vir my en vir die volk en vir die hele Juda oor die woorde van hierdie boek wat gevind is; want die grimmigheid van die HERE is groot wat teen ons ontvlam het, omdat ons vaders nie geluister het na die woorde van hierdie boek om te handel volgens alles wat ons voorgeskrywe is nie. |
| Afrikaans 1983 | “Gaan raadpleeg die Here namens my en namens die hele volk Juda. Raadpleeg Hom oor die inhoud van hierdie boek wat gekry is. Ons voorvaders was ongehoorsaam aan die eise van hierdie boek en het nie gehandel in ooreenstemming met alles wat daarin staan nie. Daarom is die toorn van die Here wat teen ons gaan ontvlam, groot.” |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | “Gaan raadpleeg die Here namens my en die volk en die hele Juda oor die woorde van hierdie boekrol wat gevind is, want die Here se woede wat teen ons ontvlam het, is groot, omdat ons voorouers nie gehoorsaam was aan die woorde van hierdie boekrol deur nie op te tree ooreenkomstig alles wat daarop geskryf is nie.” |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | “Ek en die volk, al die mense van Juda, stuur julle om te gaan vra wat sê die Here oor die dinge wat geskryf is in hierdie boek wat hulle in die tempel gekry het. Ek dink die Here is baie kwaad vir ons omdat ons voorvaders nie gedoen het wat in hierdie boek oor ons geskryf is nie.” |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | “Gaan praat namens my en die hele volk met die Here oor wat in hierdie boek staan. Ons voorouers het hulle nie aan die boek se inhoud gesteur nie. Die Here moet woedend wees vir ons omdat ons nie gedoen het wat in die boek staan nie.” |