2 Kings 22:10 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En Safan, die skrywer, het die koning te kenne gegee en gesê: Die priester Hilkía het vir my 'n boek gegee. En Safan het dit voor die koning gelees.
Afrikaans (NLV) 2011 Safan sê ook vir die koning: “Die priester Gilkija het vir my ’n boekrol gegee.” Safan lees toe vir die koning wat daarin staan.
Afrikaans 1933/1953 Daarop gee Safan, die skrywer, die koning te kenne en sê: Die priester Hilk¡a het my 'n boek gegee. En Safan het dit aan die koning voorgelees.
Afrikaans 1983 Die staatsekretaris Safan het ook aan die koning die mededeling gedoen: “Die priester Gilkija het my 'n boek gegee,” en Safan het vir die koning gelees wat daarin staan.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Toe lig Safan, die sekretaris, die koning in: “Hier is 'n boekrol wat Gilkija, die priester, vir my gegee het.” Safan lees dit toe vir die koning.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Die hoëpriester Gilkija het hierdie boek vir my gegee.” Safan het die boek vir die koning gelees.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Maar daar is nog iets, U Majesteit. Die hoëpriester het hierdie boekrol vir my gegee.” Safan het dit toe vir Josia voorgelees.