2 Kings 21:9 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Maar hulle het nie geluister nie, en Manasse het hulle verlei om meer kwaad te doen as die nasies wat die HERE voor die kinders van Israel verdelg het.
Afrikaans (NLV) 2011 Maar die mense het geweier om te luister. Manasse het hulle nog meer kwaad laat doen as die heidense volke wat die Here vernietig het toe die Israeliete die land binnegekom het.
Afrikaans 1933/1953 Maar hulle het nie geluister nie; en Manasse het hulle verlei om meer kwaad te doen as die nasies wat die HERE voor die kinders van Israel uit verdelg het.
Afrikaans 1983 Maar hulle het nie geluister nie. Manasse het Juda die verkeerde pad laat loop, sodat hulle erger aangegaan het as die nasies wat deur die Here uitgeroei is om vir Israel plek te maak.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Maar hulle het nie geluister nie, en Manasse het hulle verlei om meer kwaad te doen as die nasies wat die Here voor die Israeliete uitgedelg het.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Maar die mense van Juda het nie geluister nie. Manasse het hulle verlei om slegte dinge te doen. Hulle het slegter dinge gedoen as die ander volke. Die Here het daardie volke weggejaag sodat die Israeliete in die land kan woon.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Maar hulle het dit nie gedoen nie. Manasse het hulle mislei om dinge te doen wat erger was as die goed wat die volke gedoen het wat vir die Israeliete plek moes maak toe hulle in die land kom woon het.