2 Kings 21:8 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En Ek sal die voete van Israel nie meer laat beweeg uit die land wat Ek aan hulle vaders gegee het nie; net as hulle sorgvuldig doen volgens alles wat Ek hulle beveel het en volgens die hele wet wat my kneg Moses hulle beveel het.
Afrikaans (NLV) 2011 Die Israeliete moet my gebooie gehoorsaam, al die gebooie wat Ek deur my dienaar Moses gegee het. Dan sal Ek hulle nie uit hierdie land wat Ek vir hulle voorvaders gegee het, in ballingskap laat gaan nie.”
Afrikaans 1933/1953 En Ek sal die voet van Israel nie meer laat rondswerwe uit die land wat Ek aan hulle vaders gegee het nie, as hulle net sorgvuldig handel volgens alles wat Ek hulle beveel het, en volgens die hele wet wat my kneg Moses hulle beveel het.
Afrikaans 1983 As Israel alles doen wat Ek hulle beveel het, in ooreenstemming met die hele wet wat my dienaar Moses vir hulle neergelê het, sal Ek hulle voete stewig geplant hou op die grond wat Ek aan hulle voorvaders gegee het.”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Ek sal nie meer die voete van Israel laat rondswerf, weg van die grond wat Ek aan hulle voorouers gegee het nie, as hulle maar net nougeset alles doen wat Ek hulle beveel het – die hele wet wat my dienskneg Moses hulle beveel het.”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Ek sal die Israeliete nie weer laat wegjaag van die grond wat Ek vir hulle voorvaders gegee het nie, maar dan moet hulle seker maak dat hulle alles doen wat Ek vir hulle gesê het en wat my dienaar Moses vir hulle gesê het in sy wette.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) As die Israeliete alles doen wat Ek vra en optree volgens die wet wat hulle by Moses, my boodskapper, geleer het, sal Ek hulle vir altyd hier in die land laat woon wat Ek vroeër al vir hulle oupas en oumas gegee het.”