2 Kings 21:7 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En hy het 'n gesnede beeld opgestel van die bos wat hy gemaak het in die huis waarvan die HERE aan Dawid en aan sy seun Salomo gesê het: In hierdie huis en in Jerusalem wat Ek uit al die stamme van Israel uitverkies het, sal Ek my Naam vir ewig stel: |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Manasse het ook ’n Asjerapaal gemaak en dit opgerig in die tempel, die plek waarvan die Here vir Dawid en sy seun Salomo gesê het: “My Naam moet vir altyd vereer word in hierdie tempel in Jerusalem, die stad wat Ek uit al die stamme van Israel gekies het. |
| Afrikaans 1933/1953 | Hy het ook 'n gesnede beeld van Asj,ra wat deur hom gemaak is, in die tempel gesit, waarvan die HERE vir Dawid en sy seun Salomo gesê het: In hierdie huis en in Jerusalem wat Ek verkies het uit al die stamme van Israel, sal Ek vir ewig my Naam vestig. |
| Afrikaans 1983 | Die Asjerabeeld wat hy laat maak het, het hy opgestel binne-in die tempel, die plek waarvan die Here vir Dawid en sy seun Salomo gesê het: “In hierdie tempel en in Jerusalem wat Ek onder al die Israelitiese stamme uitgekies het, vestig Ek my Naam vir altyd. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Hy het die gesnede beeld van Asjera wat hy gemaak het, in die •tempel geplaas, die plek waarvan die Here vir Dawid en sy seun Salomo gesê het: “In hierdie tempel en in Jerusalem, wat Ek uit al die stamme van Israel gekies het, vestig Ek my Naam vir altyd. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Manasse het 'n beeld van Asjera gemaak en hy het dit in die tempel gesit. Die Here het voorheen vir Dawid en sy seun Salomo oor hierdie tempel gesê: “Ek wil altyd woon in hierdie tempel en in Jerusalem. Ek het Jerusalem gekies uit die stede van al die stamme van Israel. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Een van die dinge is dat hy die Asjerastomp wat hy laat maak het, binne-in die Here se tempel laat opsit het. Dit is die plek waarvan die Here jare tevore al vir Dawid en Salomo gesê het: “Ek kom woon vir altyd hier in Jerusalem en in dié tempel. Ek het dié plek uitgesoek tussen al die plekke waar daar Israeliete woon. Ek bly daar vir altyd. |