2 Kings 21:6 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En hy het sy seun deur die vuur laat deurgaan, en hy het die tye gehou en towerye gebruik en met geeste van herkomste en towenaars omgegaan; hy het baie kwaad gedoen in die oë van die HERE om Hom te terg.
Afrikaans (NLV) 2011 Manasse het selfs sy eie seun as offer verbrand. Hy het toordery, waarsêery en goëlery beoefen en het geeste geraadpleeg. Hy het baie dinge gedoen wat verkeerd was vir die Here en Hom uitgetart.
Afrikaans 1933/1953 ook sy seun deur die vuur laat deurgaan en met goëlery en verklarings van voortekens omgegaan en dodebesweerders en waarsêers aangestel; hy het baie gedoen wat verkeerd was in die oë van die HERE om Hom te terg.
Afrikaans 1983 Hy het sy eie seun as offer verbrand, hom besig gehou met goëlery, waarsêery en toordery, en meegedoen aan die oproep en raadpleging van geeste. Hy het baie verkeerde dinge gedoen in die oë van die Here en Hom uitgetart.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Hy het sy seun in die vuur geoffer, voortekens gelees, wiggelary beoefen en dodebesweerders en waarsêers aangestel. Hy het baie dinge gedoen wat verkeerd is in die oë van die Here, om Hom uit te tart.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Hy het sy seun verbrand en hy het gesê hy kan tekens sien en hy kan sê wat sal gebeur. Hy het ook gesê hy kan praat met die geeste van mense wat gesterf het, en hy weet wat ander mense nie kan weet nie. Manasse het baie dinge gedoen waarvan die Here nie hou nie en hy het die Here kwaad gemaak.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) sy seun in die vuur geoffer; goëlery, waarsêery en towerkunsies beoefen; die toekoms voorspel deur geeste op te roep. Hy het verskriklike dinge gedoen wat die Here baie kwaad gemaak het.