2 Kings 21:4 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En hy het altare gebou in die huis van die HERE, waarvan die HERE gesê het: In Jerusalem sal Ek my Naam vestig. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Hy het selfs afgodsaltare opgerig in die tempel van die Here, die plek waarvan die Here gesê het: “In Jerusalem wil Ek my Naam vestig.” |
| Afrikaans 1933/1953 | ook het hy altare gebou in die huis van die HERE, waarvan die HERE gesê het: In Jerusalem sal Ek my Naam vestig. |
| Afrikaans 1983 | Hy het selfs afgodsaltare gebou in die huis van die Here, die plek waarvan die Here gesê het: “In Jerusalem wil Ek my Naam vestig.” |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Hy het selfs altare in die huis van die Here gebou, die plek waarvan die Here gesê het: “In Jerusalem sal Ek my Naam vestig.” |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Hy het vir hulle altare gebou by die tempel. Die Here het voorheen van hierdie tempel gesê: “Hier in Jerusalem wil Ek woon.” |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | selfs binne-in die Here se tempel altare vir afgode gebou, in Jerusalem (dit is die plek waarvan die Here gepraat het toe Hy gesê het: “Ek vestig my Naam in Jerusalem”); |